Die tweede SARIE partytjie – alles wat jy nodig het om die beste kinderpartytjie nóg te reël! 70 partytjie-idees plus 5 koek-planne, uitnodigings, speletjies én aflaai en uitdruk ontwerpe om die dag spesiaal te maak!
Sarie Partytjie
MELKSKOMMELWEG • Soos alle goeie feëverhale begin dié een ook met lank, lank gelede… Maar pleks van ’n prins wat sy prinses moet red van ’n draak wat vuur spoeg, gaan hierdie storie oor Kallie Kaneel en Maria Soufflé. Hulle het gewoon op die planeet van suiker, sjokolade en gouestroop: Melkskommelweg!
Dis 'n ys-paradys • Vier fees in ’n skitterwit wonderwêreld waar eenhorings galop tussen klapperys-bergpieke, waar springmielie-sneeuvlokkies en koelpienk roomys jou uitnooi om saam te kom smul
Goggas en grille • Insekte, goggas en reptiele is mos jou beste vriende! Ontdek dié wêreld saam met jou mense-maters
Kom ons dans • Jy’s ’n dogtertjie en mal oor grimering, blomme, dans en bederf. Nooi al jou maats vir ’n vrolike en fraai fees met báie pienk
Woudvriende • Dis woelig in die woud waar Jakkals en Wolf, Wyse Uil, Skillie, Krimpvarkie en die ander woudvriende regmaak vir partytjie hou
Dis ’nreënboog! • Aan die punt van die reënboog is dit hééltyd partytjietyd. Daar is jy verseker van lekkergoed en hope pret soos inkleur, verf en ballonkaperjolle
Om te bestel! VIR JOU KIND
KARAKTER-KAPERJOLLE • Laat die poppe dans met ’n Pinocchiopartytjie, vat ’n bende seerowers aan saam met Peter Pan, bou ’n Hansie-en-Grietjie-lekkergoedhuisie of verras jou prinses met ’n viering oor haar paddaprins… Laat jou kind se gunsteling-storiekarakter lewe met ’n partytjie om onthou te word
Houtkabouter • Elke seunskind se hart sal opgewonde klop oor hierdie partytjie uit die wonderwêreld van Pinocchio met die lang neus en sy houtwerkerpa, Geppetto. Daar’s die lekkerste soetgoed en speletjies vir ure se vermaak. Sit jou mooiste strikdas aan en kom jol saam!
Peter Pan en die seerowers • Trek aan jou seerowerklere en kou springmielies terwyl jy wegraak in die sprokieswêreld van Peter Pan, die seuntjie wat nooit grootgeword het nie
Vir iets anders… • Partytjiehappies waaroor jou kind dol sal wees met ’n (voedsame) kinkel… Hierdie en nog hope idees uit SARIE Eet!
Hansie en Grietjie • Die verdwaalde boetie en sussie het aan ’n lekkergoedhuisie in die bos gepeusel – waar die heks hulle toe betrap…
Prinses en die padda • Die prinses en haar vriendinne het feesgevier oor die skurwe groen padda wat in ’n aantreklike prins verander het
VERBEELDINGSVLUG • Laat jou verbeelding vrye teuels neem en op reis gaan na ’n wonderlike wêreld vol suikersoet harte, swierige swane, yskoue roomysdrome en prettige partytjietreine. Blaas lewe in jou kind se drome met hierdie slim idees…
My hartjie, my liefie • Vrolik die geur en kleur van rose. Met hartpatrone daarby sal jy menige dogtertjie se hart warm laat klop. Maak dit sommer ’n oorslaappartytjie, dan kan hulle die nag in baljaar
Sewe met swane • Wat kan dan vrouliker en vroliker wees as ’n partytjie met swierige swane in sagte sprokieskleure van wit, roosgoud en goud …
Roomysen melkskommels • Yskoue roomys en oorgroot melkskommels laat kinders se oë blink. Vir ’n spesiale geleentheid kan jy mos maar oorboord gaan
So ry die trein • Groot enjins en baie stoom sit mos gou ’n glimlag op ’n seun se gesig. Hier’s vir jou ’n plan: Hou jou hele partytjie op ’n trein! As jy nie een kan kry nie, verander jy sommer jou tuin in ’n trein, met maklike speletjies en baie eetgoed
PRE-TIENERPRET • Draai die blêrkas se volume harder, hou ’n kleurryke fiësta, nooi hulle vir ’n silwerdoekfees of laat hulle toe om tot ounag te giggel en gesels… Die enigste voorvereiste is PRET - en sommer hope daarvan
Hamburgers,...